Tuesday, September 3, 2013

Media vrystelling vir Die See II







Na 'n lang tyd in die studio stel Pretoria groep, Die See, hulle tweede album, Die See II vry.

Die album was bekendgestel by Oppikoppi Bewilderbeast waar Die See ook opgetree het.

Anders as hulle debut album het die hele groep van die begin en deur al die stadiums van produksie saam gewerk aan Die See II.  Die resultaat is indrukwekkende album met baie verskillende lae.  Dit is ‘n ryk klank landskap en soos die eerse album nostalgies maar tog ‘n bietjie donker.

Die ontwerp van die album se verpakking was gedoen deur Raw Design wat ook aan die 1ste cd se SAMA genomineerde albumverpakking gewerk het.

Met die verpakking en uitleg wou ons die toon van die nuwe album vasvang. Die gevoel wat ons wou skep is dié van ‘n ou reismaat met verskeie teksture en vlakke. Die kleurpallet is doelbewus beperk om jou terug te neem na vroeër jare se druktegnieke. Die visuele beelde van biologiese wesens  vorm ‘n kaleidoskoop van drome en visioene soos ervaar in “Die See” se lirieke.” 

Met 'n launch by Bewilderbeast Oppikoppi 2013 (wat ons gemis het uit Mordor), en 'n absoluut museum/ensiklopedie/Escher CD-boekie is ons seker daar sal meer as een SAMA-nominasie hierdie kant toe kom.”  Saad Cloete (Vetseun.co.za)

Lede:
Henry Ferreira (stem, kitaar)
Jaco Mans (baskitaar)
Dean Basson (tromme)



After a long time in studio Pretoria band, Die See’s second album, Die See II is being released.

The album was released at Oppikoppi Bewilderbeast where Die See also performed on the Bruilof stage.

Unlike their debut CD, the whole group worked on this album together from the beginning and throughout all stages of production. The result is an
album of substance with multiple layers. It is a rich soundscape and as with the 1st album it is nostalgic yet a little dark.
   
The design of the CD and packaging was done by Raw Design who also worked on the SAMA nominated packaging of the 1st album.

"With the packaging and layout we wanted to capture the tone of the new album. The feeling we want to create is that of an old travel companion with various textures and levels. The images of biological creatures form a kaleidoscope of visions and dreams as experienced in Die See’s lyrics. "
 





Die See in Fresh Cut studio

No comments:

Post a Comment