Thursday, October 7, 2010

African Americana?


Check uit die baie cool review van bekende musiek (en sake) joernalis Lloyd Gedye in die Mail&Guardian van laas week (Friday October 1 to 7 2010)

Musiekvraat



Check uit ons interview op die cool musiek site Musiekvraat.

die see Bruis

Monday, October 4, 2010

die see in SPAT



’n Klomp stadseuntjies wat na Die See verlang
Gerhard Pretorius

Jy kom nie Aardklop toe net om die ou hande in Afrikaanse musiek te sien nie, maar om ook die nuwe gesigte te ontdek.
Wel, dié ontdekking is nou gemaak.
Die manne van die alternatiewe folkgroep Die See kom van Pretoria, maar verlang duidelik na die wye oseaan. Hul CD Die See is ’n maand gelede bekend gestel.
Henry Ferreira, sanger en baasbrein agter die lirieke en die musiek van die band, sê: “Ons was nou die dag nog in die studio en nou speel ons by Aardklop! Ons kan nie wag nie – vir die gig én natuurlik die mampoertent.”
Henry het deur Justin Smit, hul vervaardiger en baskitaarspeler, hul kitaarspeler, Dylan Graham, ontmoet. Dean Basson, die dromer en ook ’n kitaarbouer van beroep, is ná ’n braai by vriende opgeroep om te kom stokke swaai.
Die inspirasie van die band kom van heinde en ver en sluit in Pink Floyd, Lemon Heads, Beach Boys, Smashing Pumpkins en Koos Kombuis.
“Afrikaans is my taal en dit is die mooiste taal,” sê Henry met ’n tikkie nostalgie in die stem.
Dylan sê hulle het lank gespook om ’n naam vir die band te kry. “Ons het na ons liedjies gekyk en agtergekom die see is ’n tema wat in amper al die liedjies opduik. Só is die besluit sommer amper vanself vir ons geneem. Ons ís seker maar ’n klomp stadseuntjies wat na die see verlang.”
Die See gaan môreoggend 01:00 (ja, jy kyk reg: 01:00 vannag) en oormôreoggend 02:00 by Snowflake hul talent op die verhoog wys. Toegang is R50.

Thanks Mot!

Wednesday, September 22, 2010

Upcoming Gigs

die see en Toby Benko at Blue Flame Grill, Pretoria
Friday 24 September 2010 20.00

http://www.facebook.com/#!/event.php?eid=122369831144380&ref=ts

die see at Snowflakeduring Aardklop.
Wednesday, 29 September at 00:00pm
Thursday, 30 September at 00.00pm

http://www.facebook.com/#!/event.php?eid=151828941518620&ref=mf

Kom drink a laaste dop of 4 vir die aand.