Wednesday, September 11, 2013

Die See II in Beeld

Gety kom in vir Die See met nuwe CD

Byklanke deur Anna-Retha Bouwer 

Die takseerwaarde van ’n baadjie word al lank betwyfel, maar in die geval van Die See kan ’n mens maar uitwei oor die mooi verpakking van hul nuwe CD wat anker gegooi het.
Dié groep van Pretoria het immers met hul eerste CD, van 2011, ’n Sama-benoeming vir die omslag gekry.
Nou, met hul tweede album, is die omslag weer ’n kunswerk op sy eie. ’n Mens sou jou amper kon verbeel jy hou ’n ou geskrif vas wat jare lank in ’n bottel op die branders rondgedobber het.
As jy van die titel ’n rigtingwyser verwag waaroor die tweede CD gaan, gaan jy bakhand bly staan. Die See II dui op die oog af net op die volgende gety wat ingekom het.
Sit jy die CD egter in die speler, kom jy agter dit is nou hoogwater.
In vergelyking met die eerste album is die klank veel voller en ryker. Jaco Mans het sy talente by die groep kom voeg en sy bydrae op die klawerbord en bas- en akoestiese kitaar word gehoor.
Op sommige snitte met lang en flambojante inleidings dink ’n mens selfs aan Pink Floyd terwyl die kitaarklank jou in lae na die oseaan se dieptes neem.

Lees die resensie in Beeld. 

 

No comments:

Post a Comment